Ballade vir ‘n Enkeling 2

Ballade vir‘n Enkeling – 1986, SAUK TV

Henry Mylne onthou ‘n konsertjie wat ek in die Sterrewagteater in Bloemfontein gehou het in 1982 met my eie liedjies, en vra my om die temalied te skryf vir sy TV-reeks, Ballade vir ‘n Enkeling. Hy dwing my om die liedjie self te sing, die mense hou daarvan en skielik het ek ‘n nuwe loopbaan. Ek werk saam met Louis van Rensburg aan die klankbaan vir die twee reekse, en ons gaan goud.

Ballade vir ‘n Enkeling