Songs uit my binnesak

Songs uit my binnesak – 2005, Album

My spesiale album, naaste aan my hart. Anneke Visagie en Karen Wessels het saamgesing en ek en AndrewRooshet nagte deurgesit in Ermelo met verwerkings en produksie. Dit was tydens die hooggety van doef-doef, maar daar was nog mense wat mooi musiek wou hoor.Die album word genomineer vir ‘n Vonk toekenning as beste Afrikaanse album van die jaar. Een van die snitte, Engelliedjie,word as titelsnit gebruik vir die TV-reeks, Hart van Staal.

Genadewater